Thursday, August 19, 2010

Ontdekkende plaaslewe

Daar is altyd so groot verskil tussen die mense wat van die stad af kom, en kinders van plase. Mense het sulke wanpersepsies oor die plaaslewe,hulle dink ons rol in die mis rond, of is uiter primetief.Maar uit my oogpunt is daar niks, lekkerders of meer vervullend as om op 'n plaas groot te word nie.Daar is soveel meer geleentheid vir ontdekking, mens se algemene kennis is baie breer as die kinders wat van die stad af kom.Ons weet van die selfde dinge as hulle, maar eintlik net nog meer.Hulle het dalk voordele wat mall's aanbetref, maar vir my is daar niks lekkerder as om in die aand by die huis, 'n vleisie buite te braai, nie verkeer of 'n heeltyd 'n getoetery te hoor nie.Ek voel dat die plaaslewe mens nederig maak omdat mens so baie van die natuur en God afhanklik is.Kinders leer weer vir 'n slag om buite te speel.Mens wardeer dinge soveel baie meer, die wind , reen en son, waar mense van die stad af, altyd kla as daar 'n bui reen uitstort, bid ons elke aand daarvoor. So mense los julle wanpersepsies, as julle nie kan glo dat daar soveel meer aan die plaaslewe is as wat julle dink nie, doen moeite en bring net 'n naweek in die bosveld of op 'n plaas deur.Dit sal 'n wonderlike, ondekkende geleentheid wees.




2 comments:

  1. Dit klink so leka eks self 'n plaasgirl en ek geniet dit om perd te ry. Die vars lug en helder sterre in die aand laat my besef hoe groot God is.

    ReplyDelete
  2. WOW!! Wat 'n oulike blog wat jy het...
    Ek het self as jong dogtertjie op die plaas groot geword en ek moet bieg...ek mis dit nogel baie!! Ek stem ook saam met jou dat die plaaskinders van alles dieselfde weet as die stadskinders en dat ons siening oor die natuur baie breer en natuurlik baie meer pret op die plaas het as in die dorp!!! Wens ons kon tyd laat strilstaan het en vir ewig in die modderdam op die plaas rond speel....

    ReplyDelete